Lees ook: MK-partylede word vandag by NV ingesweer
INDIЁ. – ‘n Man in Indië is met sy vrou herenig dae na hy gedink het hy het haar laat veras.
Ram Sumer (60) het op 15 Junie sy vrou, Phoolmati (40), as vermis aangemeld na sy nooit teruggekom het van haar ouerhuis af nie. Dae later is ‘n vrou se liggaam naby hulle buurt gevind. Sumer het die vrou as Phoolmati geïdentifiseer en die liggaam laat veras.
‘n Nadoodse ondersoek het getoon die vrou is verwurg, wat die polisie laat lont ruik het. Hulle het Phoolmati se selfoon in ‘n dorp omtrent 600 km van haar huis af opgespoor.
Die polisie het bevind Phoolmati het gereeld met ‘n ander man gepraat, wat bevestig het sy lewe nog en dat hy haar na die ander dorp geneem het.
Phoolmati is gevind en Saterdag na haar man toe teruggestuur.
Owerhede ondersoek nou die verhouding tussen Sumer, Phoolmati, die “ander” man en die vrou wie se liggaam veras is.
Bronne: Indy100, Deccan Chronicle, UNILAD
Lees ook: MK-partylede word vandag by NV ingesweer