Lees ook: Woordvoerder van Israeliese weermag sê Hamas kan nie uitgeroei word nie
GAZA. – Minstens 24 mense is in Gaza oorlede na die Israeliese weermag vanoggend twee skole en ’n vlugtelingkamp aangeval het.
Die vlugtelingkamp is ’n huis wat aan die Hamas-leier, Haniyeh, se familie behoort. Van sy familielede, insluitend sy suster, is in die aanval oorlede.
Volgens Israel se weermag het hulle militante aangeval wat aanvalle in Israel beplan het. Hulle het gesê van die militante is dié wat gyselaars gevange hou en van dié wat deel van die 7 Oktober-aanval was.
Volgens die Israeliese lugmag is die skole wat hulle aangeval het deur Hamas vir terroriste-aktiwiteite gebruik. Hamas het ontken dat die skole en hospitale vir militêre doeleindes gebruik word.
Bronne: South Morning China Post, Daily Mail, Middle East Eye
Lees ook: Woordvoerder van Israeliese weermag sê Hamas kan nie uitgeroei word nie