Man verdrink in Ballito

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue and IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 40’s, het Sondag by Ballitostrand verdrink toe hy deur die see meegesleur is.

Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê dié diens is vir ‘n verdrinking in aanvang ontbied. Met aankoms op die strand is vasgestel die man het in die moeilikheid beland toe hy in ‘n sleurstroom vasgevang is.

Meyrick sê die oorledene is deur strandgangers, Peter Smith, Travis Gerber en Sheldon Goudge, uit die water gehaal. ‘n Verpleegster van Europa wat hier met vakansie is, het gesien die man reageer nie en het KPR toegepas. IPSS-paramedici, wat van diens en by ‘n nabygeleë restaurant was, het hulle na die toneel gehaas en by haar oorgeneem, maar kon ten spyte van hulle beste pogings nie die man se lewe red nie. Hy is dood verklaar.

Die strandgangers is deur Meyrick vir hulle hulp geprys.

“Ons meegevoel met die vriende en familie van die oorledene.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief