Brekende Nuus
Nuus

Man verdrink in Val-de-Grace

Foto: VEMRU

GAUTENG. – ’n Man in sy 30’s het Donderdag in Val-de-Grace in Pretoria-Oos verdrink.

Volgens Volunteer Emergency Medical Response Unit (VEMRU) het dié diens kort ná 13:00 ’n oproep via Alpha Security Forum ontvang. Met die noodspan se aankoms was die man reeds uit die water en was omstanders besig met kardiopulmonêre resussitasie (KPR).

VEMRU, Emer-G-Med en Pretoria Volunteer Emergency Services het met gevorderde resussitasiepogings begin. ’n Dokter en Promed EMS het kort daarna by hulle aangesluit. Ná byna ’n uur se pogings is die man op die toneel dood verklaar. Die toneel is aan die polisie oorhandig.