Man vermis nadat hy gaan stap

Lees ook :

Foto: Specialised Security Services

WES-KAAP. – Dhananjaya Verdarajaloo Naidoo (66) het op 16 November omstreeks 16:00 vermis geraak toe hy in Nuweland-bos gaan stap het.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) sê Naidoo het in die bewaarde area aan die oostelike hange van Tafelberg langs die voorstad Nuweland gestap. Hy was laas in ‘n blou denimbroek, ‘n ligteblou-en-grys gholfhemp en bruin stapstewels geklee. Hy het bruin hare, is 1.87 m lank en weeg 78 kg.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan Odette van Staden by 064 700 3023 of Kobus Neethling by 072 329 0847 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief