Man vermoor glo sy vrou op plaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (32) van Iona-plaas is op beskuldiging van moord op sy vrou (36) deur die Ficksburg-polisie in hegtenis geneem. ’n Ysterstaaf is tydens die inhegtenisneming op die misdaadtoneel in beslag geneem.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die moord is Sondag, omstreeks 11:00, by die polisie aangemeld. Met aankoms op die toneel het polisiebeamptes die liggaam van ’n vrou met ’n oop wond aan haar linkeroog in ’n hut aangetref. ’n Bloedbevlekte ysterstaaf is op ’n tafel gevind. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en die voorwerp is as bewysstuk ingedien.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die man is van die moord aangekla en sal na verwagting Dinsdag in die Ficksburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief