NOORD-KAAP. – Die polisiediens het ouers, voogde en versorgers gewaarsku word om kinders se veiligheid tydens skoolvakansies en die komende feesseisoen te prioritiseer.
Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, doen in ‘n verklaring ‘n beroep op die publiek om kinders nie alleen by video-arkades, filmteaters, speelareas of ander openbare plekke te los nie. Ouers se telefoonnommers moet deur kinders gememoriseer word. Kinders moet nooit by huise ingaan waar hulle nie die mense ken nie, nie geskenke van onbekendes aanvaar of hulle voordeur vir vreemdelinge oopmaak nie.
Kinders word ook aangeraai om altyd ’n volwassene te vertel waar hulle heengaan en om “nee” te sê indien hulle bedreig of ongemaklik voel. Ouers moet skermtyd monitor en instellings vir privaatheid en die deel van ligging op toestelle bestuur. Kinders moet ook gewaarsku word om nooit aanlyn-vriende persoonlik te ontmoet nie en om nie alleen uit te gaan nie.
Enige verdagte persone moet onmiddellik by Childline (116), SAPS Crime Stop (08600 10111) of via die MySAPS-app aangemeld word.





