Man verskyn in hof oor beweerde moord op sy ma en broer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Brazea Daniel Mogudi (25) het Donderdag op twee aanklagte van moord in die Vereeniging-landdroshof verskyn, nadat hy na bewering Dikeledi Mogudi (54), sy ma, en Ntathile Mogudi (16), sy broer, doodgemaak het. Die saak is vir konsultasie met sy prokureur tot 12 Mei uitgestel.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê volgens bewerings het ‘n buurman op 4 Mei omstreeks 19:00 ’n rumoer by die Mogudi-huis in Henley on Klip gehoor. Hy het ondersoek ingestel en het die beskuldigde bo-op sy jonger broer aangetref, wat op die grond gelê het. Die beskuldigde se ma was naby en het hulpeloos geskree en uitgeroep: “Hy maak hom dood!”

Hulp is van die gemeenskap ontbied en alhoewel hulle reageer het, kon hulle nie die eiendom binnegaan nie, omdat die hek gesluit was. Die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en nooddienste is na die toneel ontbied, maar beide slagoffers is by aankoms dood verklaar.

Teen die tyd dat hulp opgedaag het, het die beskuldigde reeds van die toneel gevlug. Hy het homself glo kort ná die insident by die Meyerton-polisiekantoor oorgegee, waar hy in hegtenis geneem is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief