Man vir moord op vrou en stiefdogter gevonnis

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Paul Prinsloo (63) is effektief tot 25 jaar tronkstraf vir die moord op Magdalena Prinsloo (58) en haar dogter Ruzanne Weideman (31) deur die Pretoria-hooggeregshof gevonnis. Hy het die ma en dogter op 27 November 2023 met ‘n jaggeweer doodgeskiet.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die NVG, sê Prinsloo is vir moord met voorbedagte rade skuldig bevind en gevonnis. Die gevonnisde moordenaar, sy vermoorde vrou, sy stiefdogter en ‘n kleindogter (6) het saam in die Kosmos-woonbuurt in Hartbeespoort gewoon. Prinsloo en ‘n vriend wat hom besoek het, het buite die huis gesit toe ‘n argument tussen hom, sy vrou en stiefdogter ontstaan het. Hy is na sy kamer op die tweede verdieping waar hy ‘n vuurwapen gaan haal en sy stiefdogter geskiet het. Toe sy val, het hy sy vrou gaan skiet. Daarna het hy ‘n Bybel gaan haal en op sy vrou se liggaam geplaas.

Toe die vriend sien die vrou en dogter is dood, het hy die die kleindogter saam met hom van die toneel weggevat en die polisie ontbied. Prinsloo is dieselfde dag gearresteer en was sedertdien in aanhouding. Die NVG kon sy borgaansoek suksesvol teenstaan.

Mahanjana sê Prinsloo het in die hof aan moord skuldig gepleit, maar nie vir moord met voorbedagte rade nie. Adv. Bongani Khoza kon die teendeel in die hof bewys. Prinsloo het die hof deur sy regsverteenwoordiger gevra om nie die voorgeskrewe minimum vonnis as gevolg van sy ouderdom en gesondheid op te lê nie en aangesien hy reeds meer as ‘n jaar in aanhouding was.

Regter Mashudu Munzhelele het tydens vonnisoplegging gesê daar is gronde om van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf af te wyk. Prinsloo se ouderdom, ‘n terminale siekte en aanbod van finansiële ondersteuning aan die kleindogter is in ag geneem.

Die NVG verwelkom die vonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief