Man vir moord van vrou onder bad lewenslank tronk toe

Lees ook :

OOS-KAAP. – Yibanathi MacGyver Ndema (45) het sy vrou, Noluvuyo Nonkwelo (36), op 1 Julie 2019 in hul huis in Zingqayi op Butterworth doodgemaak. Hy het haar daarna onder die bad begrawe en twee dae later as vermis aangemeld. Die hooggeregshof in Mhatha het hom skuldig bevind en tot lewenslank tronk toe gestuur.

Ndema is verder tot vyf jaar vir regsverydeling en twee jaar op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, elk wat vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê die kinders het hulle grootouers laat weet die bad is in ‘n ander posisie. Die huis is deur die polisie deursoek, waarna die oorskot gevind is. Ndema is in hegenis geneem. DNS het Nonkwelo se identiteit bevestig en haar oorskot is vir ‘n behoorlike begrafnis aan haar familie oorhandig.

Die nadoodse ondersoek het bevestig sy het as gevolg van ‘n nekfraktuur gesterf.

Tydens die huwelik was Ndema vir aanrandings tydens huishoudelike geweld op sy vrou skuldig bevind.

‘n Beskermingsbevel wat in Januarie 2019 na ‘n aanranding met die doel om ernstig te beseer toegestaan was, is later teruggetrek.

Ndema se borgaansoek is suksesvol teengestaan. Hy het tydens die verhoor onskuldig gepleit en in ‘n bekentenis aan die polisie verklaar hy het sy vrou oor ‘n buite-egtelike verhouding verwurg. Dit het ‘n verhoor binne ‘n verhoor genoodsaak. Die hof het sy bekentenis saam met uitwysings wat hy betwis het, aanvaar.

Senior staatsadvokat Sibusiso Nolutshugu, het na skuldigbevinding vir ‘n lewensvonnis gevra en die hof het saamgestem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief