Man vir ‘ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie’ in hof

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Frederick Jakobus Botha (62) het vandag (Woensdag) op aanklag van die besit van meer as 13 ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die Hoof Albert Luthuli-landdroshof verskyn.

Luidens ‘n verklaring van lt.kol. Jabu Ndubane het die polisie Dinsdag tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie op ‘n plaas in Carolina op meer as 13 vuurwapens wat selfvervaardigde wapens, gewere, ‘n haelgeweer en handwapens insluit, beslag gelê. Botha kon glo nie ’n bevredigende verduideliking vir die besit daarvan gee nie.

Die polisie het op op drie selfvervaardigde vuurwapens, vier gewere, een haelgeweer, vyf handwapens en ses windbukse, asook ‘n totaal van 1 080 rondtes van verskeie kalibers en 106 blanks (oefendrondtes) beslag gelê.

Die saak is vir ‘n borgtogaansoek tot 19 Januarie uitgestel, terwyl Botha in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief