[t4b-ticker]

Man, vrou sterf ná huisroof

Lees ook :

Foto: CERT

GAUTENG. – ‘n Man en ‘n vrou, beide in hulle 40’s, het Maandagaand ná ‘n huisroof in Lyttelton Manor, in Centurion gesterf. ‘n Bejaarde vrou en ‘n tienerseun het geringe beserings opgedoen.

CERT (Community Emergency Rensponse Team) sê die diens het hulle ongeveer 20:20 vir mediese hulp na die toneel gehaas. ‘n Kritiek beseerde man en vrou is buite die huis aangetref, waar die plaaslike GPF en gemeenskap hulp probeer verleen het. Beide het egter gesterf en is op die toneel dood verklaar.

Die bejaarde vrou en tienerseun se beserings is op die toneel geassesseer en behandel.

CERT sê die voorval word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra, wat bygewerk sal word wanneer dit ontvang is.

CERT, wat ‘n vrywillige diens is, bedank Netcare911, Emergency Medical Solutions, ER24 EMS (Pty) Ltd., PRSS Security, Monitor Net, Fidelity ADT, Copwatch, Lyttelton CPF, SAPS, Gauteng Emergency Medical Services en alle ander dienste vir ondersteuning op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief