OOS-KAAP. – Thembelani Andries (31) is deur die Gqeberha-hooggeregshof tot 11 keer lewenslange tronkstraf vir elf aanklagtes van verkragting op ses seuns tussen 11 en 13 jaar oud, gevonnis.
Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê die misdaad is op 3 Mei 2015 gepleeg. Die seuns het agter die NU 9-stadion geswem toe Andries hulle met ‘n vals belofte, dat hulle die Springbokke gaan sien, na nabygeleë bosse gelok het. Die seuns is met ‘n baksteen gedreig om seksuele aksies op Andries toe te pas. Hulle moes ook hoor indien hulle iemand daarvan sou vertel, hy hulle sou doodmaak. Die slagoffers het een van hulle se ma daarvan vertel.
Andries, wat vorige veroordelings het, se DNS het met dié op die misdaadtoneel ooreengestem en hy het skuld beken.
Tyali voeg by Andries het na die insident na Aliwal-Noord verhuis toe sy pa gesterf het. Hy is gedurende Julie 2024 ook op onverwante aanklagte gearresteer. Barry Madolo, die direkteur van openbare vervolging in die provinsie, het die vonnis verwelkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





