Man wat beeste se spoor volg in Drakensberg doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (54) van Kgubetswana, naby Clarens, is in die Drakensberg doodgeskiet nadat hy die spoor van veediewe en gesteelde beeste gevolg het.

AO Mmako Mophiring sê die oorledene is met noodlotige skietwonde aangetref. Sy vuurwapen is vermoedelik deur veediewe gesteel.

Die polisie het ‘n klagte ontvang van 19 beeste wat tussen Vrydag en Saterdag op ‘n plaas gesteel is. Vee-eienaars het die beeste laat soek. Die oorledene en drie veewagters het die spoor gevolg, waarna hulle die beeste en diewe opgemerk het. Die diewe het na bewering op hulle geskiet en die man raakgeskiet. Die veewagters het gehaas om hulp te soek. Met aankoms op die toneel is die oorledene se liggaam gevind en hy is dood verklaar. Sy vuurwapen is na bewering gesteel.

Mophiring sê twee van die 19 gesteelde beeste is teruggevind.

Clarens-polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en die diefstal van ‘n vuurwapen.

Enigiemand met inligting word gevra om die polisiesasie by 058 256 6000 / 01 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief