Lees ook: Valke neem verdagte in hegtenis wat glo Bitcoin gebruik om terrorisme te befonds
LICHTENBURG. – ’n Man wat glo R11 500 in bitcoin na ’n groep gestuur het wat na bewering verbind is aan die Islamitiese Staat-terreurgroep in Sirië, is op borg vrygelaat.
Ziyaad Hoorzook (35), ‘n Suid-Afrikaanse burger, het gister in die Lichtenburg-landdroshof verskyn waar hy R30 000 borg toegestaan is.
Die regter, Joshua Lebombo, het gesê die staat kon nie bewys dat Hoorzook in aanhouding moet bly nie en dat hy bewys het hy sal nie vlug nie. Lebombo het ook gesê Hoorzook het sy samewerking met die ondersoek gegee voor hy op 3 Januarie in hegtenis geneem is.
Hoorzook is in hegtenis geneem na hy glo bitcoin aan ’n organisasie genaamd al-Sadaqah op 20 November 2017 oorbetaal het. Al-Sadaqah is glo aan verskeie terreurgroepe in Sirië verbind.
Die saak is tot 3 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.
Bronne: My Broadband, IOL, TimesLIVE
Lees ook: Valke neem verdagte in hegtenis wat glo Bitcoin gebruik om terrorisme te befonds





