Man wat glo jong niggie verkrag vinnig vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (36) sal reeds Maandag in die Mahwelering-landdroshof verskyn nadat ‘n meisie (4) glo Vrydag omstreeks 17:40 by ‘n huis in die Malepetleke-woonbuurt verkrag is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die meisie se ma het haar tuis by die verdagte gelaat om na ‘n nabygeleë winkel te gaan. Toe sy tuiskom, het sy die kind huilende in die verdagte se slaapkamer aangetref en dadelik vermoed iets skort. Sy is na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem, waar verkragting bevestig is. GKS het ‘n verkragtingsaak oopgemaak en die verdagte is dadelik gearresteer.

Lt.genl. Thembi Hadebe het die voortdurende aanvalle op minderjariges in die provinsie veroordeel en gesê kinders moet veilig in hulle eie huise wees. Die ma van die minderjarige is vir haar spoedige optrede, ongeag die verbintenis met die verdagte, geprys.

Die ondersoek duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief