Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodskiet vir waarneming gestuur

Lees ook :

Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodgeskiet het vir waarneming gestuur
Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodgeskiet het vir waarneming gestuur fotokrediet: skermgreep

Lees ook: Verdagte in skietdood van Kimberley-blitspatrollielede laat vaar borgaansoek

KIMBERLEY. – Die man wat glo twee blitspatrollielede in Augustus doodgeskiet het, het gister in die hof verskyn.

Daniel Wilfred Alberts het gister in die Kimberley-landdroshof verskyn op onder meer twee aanklagtes van moord, drie aanklagtes van roof met verswarende omstandighede, diefstal en voertuigdiefstal.

Die saak teen hom is tot 29 Januarie 2024 uitgestel. Dit volg op die besluit wat geneem is om hom vir waarneming te stuur na Alberts gesê het hy was voorheen ‘n pasiënt in 27 verskillende psigiatriese hospitale.

Alberts gaan vir 30 dae vir waarneming gestuur word, maar as gevolg van die lang waglys sal die saak eers volgende jaar hervat kan word.

Daniel Wilfred Alberts (38) word aangekla van die moorde op konst. Okaetse Mandindi (35) en sers. Kedimetse Masilo (45).

Die blitspatrollielede is in Augustus doodgeskiet toe hulle op die spoor was van ‘n verdagte wat glo ‘n voertuig gesteel het.

Bronne: OFM, News24, TimesLIVE

Lees ook: Verdagte in skietdood van Kimberley-blitspatrollielede laat vaar borgaansoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief