KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (28) is in Greylands doodgeskok terwyl hy glo Maandagaand onwettige elektrisiteit gekoppel het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) is na die area ontbied waar inwoners brandhout bymekaargemaak het. Met reaksiebeamptes se aankoms om 20:40 is op die man se liggaam in oorgroeide gras afgekom. Rusa-beamptes is ingelig die man het in die gebied gewoon en het onwettige elektrisiteit gekoppel om aan sy gemeenskap te voorsien.
Rusa sê die man is doodgeskok terwyl hy met die lewendige kabel gepeuter het.





