‘n Man wat Woensdagmiddag 31 Mei 2023 in Marshallrylaan in Mt. Edgecombe, KwaZulu-Natal, “oorfone wou verkoop”, is doodgesteek.
Reaction Unit South Africa is omstreeks 13:08 vir hulp gekontak.
Met aankoms op die toneel is die man met ‘n noodlottige steekwond in sy bors gevind waar hy in die pad lê.
Volgens ‘n getuie het die oorledene probeer om oorfone aan ‘n individu te verkoop toe ‘n argument glo uitgebreek het.
Na bewering het die verdagte die oorledene met ‘n mes gesteek, waarna die getuie hom ontwapen het en die verdagte te voet in ‘n onbekende rigting gevlug het.
Reaction Unit South Africa sê dat beide die oorledene en verdagte “heroïnverslaafdes” is.
Daar word ook gesê dat die twee mekaar ken, maar dit kon nie bevestig word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





