Man wat slang rook, vir dieremishandeling gevonnis

Lees ook :

Foto: NSPCA - National Counsil of SPCA's

LIMPOPO. – Dirk de Jager van Modjadjiskloof se rook van ‘n slang in ‘n bottel gedurende 2024, het hom in stede van likes ‘n vonnis besorg. Beeldmateriaal van die insident is op sosiale media versprei, waarna hy gearresteer is.

Douglas Wolhuter, hoofinspekteur en bestuurder van die Wildlewe Beskermingseenheid van die NDBV, sê Duán Matthee, nasionale senior inspekteur, het vinnig vir De Jager opgespoor. Matthee het ‘n kriminele klag oopgemaak, waarna De Jager in Augustus 2024 gearresteer is. Hy het op 29 Oktober 2024 skuldig gepleit en is deur die Kgapane-landdroshof ‘n boete van R2 000 of 30 dae tronkstraf opgelê. Die vonnis is vir ‘n jaar opgeskort.

Die video-opname van die insident kan hier bo gesien word. ‘n Fles vol rook, met ‘n lewendige slang in en ‘n gerolde sigaret wat die NDBV vermoed dagga was, is in die opname te sien.

Wolhuter sluit af en sê die insident het die NDBV ontstel en sê die vonnis is teleurstellend.

“Die NDBV is daartoe verbind om diegene wat verantwoordelik is vir enige vorm van wreedheid teenoor diere op te spoor en te vervolg. Ons hoop van harte dat De Jager se saak ander sal weerhou om aan hierdie soort verskriklike aktiwiteite deel te neem.”
   

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief