Man wat swanger vrou ‘met strykyster brand’ in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man wat glo Vrydagoggend omstreeks 05:00 sy hoogswanger vrou in Seleteng Ga-Mphahlele met ‘n warm strykyster aangerand het, is in polisie-aanhouding.

Kol. Malesela Ledwaba sê die epaar het glo ‘n argument oor ‘n selfoon gehad waartydens die verdagte glo ‘n strykyster ingeprop en die slagoffer daarmee gebrand het. Sy het beserings aan beide hande opgedoen.

Volgens Ledwaba het die verdagte van die toneel gevlug, waarna die vrou vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

‘n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is deur die polisie geregistreer. Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy sal vandag in die Thabamoopo-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief