Brekende Nuus
Afrikaans

Man wat van watertenk wou spring deur onderhandelaar omgepraat

'n Man wat sy eie lewe wou neem is deur 'n polisielid wat ook 'n onderhandelaar in die voorkoming van selfdood is, omgepraat.

Man wat van watertenk wou spring
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Man (27) wat Maandag op ‘n watertenk by ‘n reservoir geklim het om vermoedelik sy eie lewe te neem, is deur ‘n gyselaarsonderhandelaar omgepraat om nie selfdood te pleeg nie.

Kapt. Nomvuyo Makoloi sê die Mothibistad-polisie het ‘n klagte van die voorval ontvang.

Misdaadvoorkomingslede wat die man probeer ompraat het om nie te spring nie is deur distrikskantoorlede ondersteun.

AO Pulane Monchonyane van Seven-polisiestasie was op Kuruman en het lede se oproep oor die radio gehoor en dadelik reageer. Sy is ‘n opgeleide onderhandelaar in die voorkoming van selfdood en het daarin geslaag om die man om te praat om nie sy lewe te neem nie.

Maj.genl. Johnny Besnaar, die distrikskommissaris, het die AO geprys vir die professionaliteit waarmee sy die situasie hanteer het.

Bron: SAPD