Man wat vis bier voer, het NDBV warm om die kiewe

Lees ook :

Foto: NDBV

‘n Man wat in ‘n TikTok-video van @Lethabo_Sebapo bier in ‘n vis se mond gooi, kan hieroor in die pekel beland.

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) sê kriminele aanklagte sal gemaak word teen die individu wat in die video, wat wyd op sosiale media versprei word, verskyn. In die video kan gesien word hoe “bier” in die mond van ‘n karp gegooi word, terwyl dit deur die individu amusant gevind word. Die persoon in die video is intussen opgespoor en die samestelling van ‘n dossier is feitlik voltooi.

Die persoon het aan die dierebeskermingsvereniging erken pret was die motivering vir die video. Hy word nou deur die aanklag van die oortreding van die dierebeskermingswet in die gesig gestaar.

Die dierebeskermingsvereniging bevestig sosialemediaplatforms het ‘n toename in video’s waartydens diere mishandel word, meegebring. Die organisasie hoop ‘n sterk boodskap sal aan individue gestuur word om nie diere te mishandel nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief