MPUMALANGA. – ‘n Man (39) het glo Maandagmiddag eers ‘n vrou (39) tydens ‘n beweerde argument geskiet en gewond en daarna die wapen op homself gerig.
Brig. Donald Mdhluli sê Kabokweni-polisie sê die tragiese insident het in Selega gebeur. Die polisie en nooddiense is na die toneel van ‘n skietinsident waar die man se lewelose liggaam aangetref en hy dood verklaar is. Die vrou is vir behandeling vir ‘n skietwond aan haar regterhand na ‘n hospitaal gehaas.
‘n Ongelisensieerde vuurwapen sonder ammunisie is langs die man se liggaam gevind en vir verdere ondersoek gekonfiskeer. ‘n Geregtelike doodsondersoek en ‘n saak van poging tot moord is geopen. Die omstandighede van die insident vorm deel van die polisie se ondersoek.