Man wond glo eers vrou, skiet homself

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man (39) het glo Maandagmiddag eers ‘n vrou (39) tydens ‘n beweerde argument geskiet en gewond en daarna die wapen op homself gerig.

Brig. Donald Mdhluli sê Kabokweni-polisie sê die tragiese insident het in Selega gebeur. Die polisie en nooddiense is na die toneel van ‘n skietinsident waar die man se lewelose liggaam aangetref en hy dood verklaar is. Die vrou is vir behandeling vir ‘n skietwond aan haar regterhand na ‘n hospitaal gehaas.

‘n Ongelisensieerde vuurwapen sonder ammunisie is langs die man se liggaam gevind en vir verdere ondersoek gekonfiskeer. ‘n Geregtelike doodsondersoek en ‘n saak van poging tot moord is geopen. Die omstandighede van die insident vorm deel van die polisie se ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief