OOS-KAAP. – Mandrax-tablette, met ‘n straatwaarde van meer as R2 m. is Woensdagoggend omstreeks 00:45 in Buffalo Flats in Oos-Londen gevind. ‘n Verdagte (47) is in hegtenis geneem.
Kapt. Hazel Mqala sê lede van openbare-orde-polisiëring het inligting oor ‘n man wat glo dwelms verkoop, opgevolg. Die polisie het die verdagte eers ondervra, maar met deursoeking is die Mandrax-tablette in ‘n wasgoedmandjie in sy slaapkamer gevind.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort op ‘n aanklag van dwelmhandel in die Oos-Londen-landdroshof verskyn.





