Brekende Nuus
Afrikaans

Manie Jackson vertel van hartseer toe hy per ongeluk oor hondjie ry

Die hond, Pikkie, was vir vyf jaar deel van sy gesin.

Manie Jackson en Pikkie
Foto: Skermgreep van video Manie Jackson Facebook-blad

Manie Jackson, sanger, het ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak waarin hy ‘n hartseer ondervinding deel.

Hy het in die donker tuis gekom en per ongeluk sy eie Pikanese-hond doodgery.

Die hond, genaamd Pikkie, was vir vyf jaar deel van sy gesin.

‘n Vriend het vir hom ‘n “hondegebed” met foto’s van Pikkie, gestuur.

Lees meer hier:

Een van die aakligste dinge het met my gebeur…..

Na n lang dag, tussen 4 dokters en 2 hospitale, in Pretoria, kom ons laatnag by die huis, en dis pikdonker, geen krag….

Ek ry deur die hek, en voel die voertuig gee so ‘n ligte beweging, en dadelik ‘n tjankgeluidtjie, baie sag…..

My dogter kom aangehardloop, slaan haar hande oor haar gesig, en toe weet ek, hier kom baie trane se stort…..

Ek het per ongeluk ons eie klein Pikanesie doodgery…. Dit voel behoorlik of iets in jou binneste skeur😪😪

Vir 5 jaar, was Pikkie ons s’n…. En was sy een vriendelike, bondeltjie liefde…. En baie spesiaal, want sy was deur die veearts gediagnoseer met Downsindroom, iets wat nie baie algemeen is nie……

Ai, my hart is sommer net seer…..

Dankie aan my vriend, Marius de Vos , vir hierdie pragtige gebed van ‘n hond……