Manie Jackson vir eers tjoepstil

Lees ook :

Foto: Manie Jackson Fb-blad

Manie Jackson, gewilde sanger, het ontsteking in sy stembande en moet tans rus en stilbly om skade aan sy stembande te voorkom.

Jackson het gesê hy is baie gefrustreerd, maar hoop die ontsteking sal binne dae opklaar.

Die sanger het selfs ‘n prent van normale en ontsteekte stembande gedeel.

Lees die volledige plasing hier onder:

Ek sit op die stadium met ontsteking in my stembande….. Dit is iets wat gebeur, sonder waarskuwing, en daar is ook niks wat daarvoor werk nie, behalwe RUS, en STILBLY…..

Die gevaarlikste ding wat jy kan doen, as jy dit het, is om te fluister, te praat of te sing. Dit kan permanente skade aan jou stembande veroorsaak, wat kan maak dat jy nooit weer kan sing nie. Party dokters skryf kortisoon voor, maar my keelspesialis weier volstrek, want hy sê dat dit jou stembande beter laat voel, so jy dink jy is gesond, en dan rig jy meer skade aan, as wat jy sou doen, indien jy pyn gehad het.

So ek is in stilte, en dis baie frustrerend, want ek hou van sing en ek hou van gesels en skryf vat heeltemal te lank, maar gelukkig is dit iets wat binne n paar dae, met genoeg rus, weer sal herstel.

Hier is n prentjie van hoe mens se stembande lyk, en hoe dit lyk as dit ontsteek is, en die verskil is redelik duidelik….

Duisend dankies vir die mense wat genoeg menslikheid in hulle het, en die ongemaklike penarie verstaan waarin ek verkeer. Ek sal binnekort 100% reg wees, danksy julle….

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief