Mannejag na 6 volwassenes 1 kind in voertuie doodgeskiet is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

ZWEKITSHA, OOS-KAAP. – Vyf mans, ‘n vrou en ‘n kind (8), is gisteroggend vroeg in voertuie in die Nxanxashe-woonbuurt in Willowvale doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu sê die polisie het inligting van die skietvoorvalle ontvang. Vier mans, ‘n vrou en ‘n kind is doodgeskiet in ‘n Mazda3 gevind. Ongeveer 1 km verder is ‘n persoon in ‘n Toyota Fortuner doodgeskiet. Nie ver van daar nie is ‘n VW Polo verlate met bloedvlekke binne aangetref. Die oorledenes is tussen 8 en 45 jaar oud.

Die motief vir die moorde is onbekend en daar is tot dusver geen inhegtenisnemings gemaak nie.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene het die moorde ten sterkste veroordeel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief