Marburg-virus versprei in Afrika

Lees ook :

Marburg-virus versprei in Afrika
Marburg-virus versprei in Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: KYK: Vliegtuig vlieg deur swaar turbulensie om data oor orkaan te kry

RWANDA. – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ’n uitbraak in Rwanda verklaar na die Marburg-virus in Afrika versprei het. Daar is 26 aktiewe gevalle van die virus aangemeld en 12 mense is oorlede. Die meeste oorledenes was gesondheidswerkers.

Die Marburg-virus is hoogs aansteeklik en het ’n 88% kans om mense wat dit kry, dood te maak. Simptome begin binne twee tot nege dae na blootstelling en sluit erge hemorragiese koors, hoofpyn, spierpyn en hoes in. Soos die siekte vorder, kan pasiënte inwendige bloeding, neurologiese probleme en organe wat ophou funksioneer, ervaar.

Die Marburg-virus versprei deur kontak met liggaamlike vloeistowwe soos bloed, urien en speeksel. Dit kan ook versprei deur kontak met besmette oppervlakte of materiaal.

Bronne: Health and Me, IOL, The Health Site

Lees ook: KYK: Vliegtuig vlieg deur swaar turbulensie om data oor orkaan te kry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief