Die televisie-aanbieder en aktrise, Marciel Hopkins en haar man, Handre Lourens, is op pad na ‘n geheime eilandbestemming om hulle tweede huweliksherdenking te vier.
Volgens haar sosialemediaplasings was sy vir die hele jaar sover net drie weke by die huis as gevolg van haar werk. “Dit is nie altyd maklik as dit kom by my persoonlike lewe nie, maar dit help as jy regtig lief is vir wat jy doen!” het sy gesê.
Marciel is binnekort te sien in ’n kortfilm wat sy vir kykNET geskiet het. Die nuutste Boer soek ’n Vrou-reeks is ook onlangs opgeneem.
Bron: Marciel Hopkins Facebook-blad





