Brekende Nuus
Afrikaans

Marimba-skoolorkes wen en is ‘viral’

Die marimba-orkes van Westville Senior Primary School het onlangs 'n skoolorkes-kompetisie gewen en hul video is meer as 320 000 keer gekyk.

Marimba-skoolorkes viraal
Foto: Skermgreep video Westville Senior Primary School

KWAZULU-NATAL. – Die marimba-orkes van Westville Senior Primary School in KZN het onlangs die laerskool-kategorie van die SA Schools Band Associationse kompetisie in Pretoira gewen. Hulle het ook met die toekening as mees musikale orkes weggestap.

Volgens Good Things Guy het die orkes geskiedenis gemaak om boonop nasionale kleure te verwerf.

Die kinders se aansteeklike energie en passie is voelbaar as na die video gekyk word.

Die video is reeds 321 000 keer gekyk, het 11 000 reaksies en meer as 300 kommentare ontlok.

Bron: Good Things Guy