Masjien vir druk van bestuurslisensiekaarte reggemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die nasionale departement van vervoer het bevestig dat die masjien vir die druk van bestuurslisensiekaarte herstel is en dat werksaamhede hervat is.

Collen Msibi, nasionale woordvoerder vir die departement, sê in ‘n verklaring die masjien was sedert 5 Februarie buite werking, wat tot ‘n agterstand van 747 748 lisensiekaarte gelei het. Die agterstand per provinsie soos op 2 Mei is soos volg; Gauteng – 252 745, KwaZulu-Natal – 115 020, Wes-Kaap – 108 402, Mpumalanga – 66 833, Limpopo – 61 769, Oos-Kaap – 55 393, Noordwes – 39 983, Vrystaat – 33 741, Noord-Kaap – 13 862.

Werksure vir personeel by die bestuurslisensiekaart-agentskap, wat deel van die departement is, word verleng om die agterstand te verminder. Met die huidige inhaalplan sal daar bywerking oor die vermindering van die agterstand gegee word soos en wanneer betekenisvolle vordering gemaak word. Die vermindering van die agterstand hang egter ook af van die aantal bestellings wat daagliks ontvang word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief