Lees ook: Israel bekommerd slegs 40 van die 130 gyselaars lewe nog
GAZA. – Daar is glo massagrafte gevind in Gaza by plekke waar die Israeliese weermag klopjagte uitgevoer het.
Palestynse owerhede het gesê 283 liggame is by die Nasser-hospitaal in massagrafte gevind. Hulle het beweer van die liggame se hande was vasgebind. Dit is nie bekend hoe hulle dood is of wanneer hulle begrawe is nie.
Israel het gesê hulle het nie liggame daar begrawe nie, maar hulle het liggame wat deur die Palestyne begrawe is by die hospitaal in Khan Younis ondersoek. Die liggame was glo in plekke waar van die gyselaars moontlik aangehou is.
WGO-woordvoerders het ook gesê daar was twee grafte by die al-Shifa-hospitaal met sowat 30 liggame daarin. Sy het ook gesê sommige van die liggame se hande was vasgebind.
Daar is ook verskeie ander vlak grafte naby die hospitale gevind waar van die liggame se ledemate glo sigbaar was.
Bronne: BBC, Independent, The Guardian
Lees ook: Israel bekommerd slegs 40 van die 130 gyselaars lewe nog





