INTERNASIONAAL. – Rjukan in Noorweë is ‘n dorp wat so diep in die berge geleë is dat sonlig vir etlike maande in ‘n jaar nie sigbaar is nie en dit gevolglik in donkerte gehul is. Massiewe opgerigte spieëls verlig egter nou die donker dorp.
Die prentjiemooi dorpie se inwoners het met ‘n helder plan vorendag gekom. ‘n Sisteem wat Solpeil genoem word, is aangebring en beteken sonpaneel-spieël.
Die massiewe spieëls is op die berge wat die dorpie omring aangebring om die son se trajek te volg en sy strale direk op die dorp se sentrale plein te reflekteer.
Nou het die dorpie selfs gedurende donker wintertye natuurlike sonlig wat op hulle skyn.
Bronne: Countries of the World, Sunday Roast en Did You Know That?