Matrikulant brand, maar skryf steeds eksamen

Lees ook :

Foto: Hoërskool Hoogenhout

MPUMALANGA. – Gideon Kotze, ‘n matrikulant van Hoërskool Hoogenhout in Bethal, het gewys ondanks erge brandwonde kon hy steeds met sy matriekeksamen deurdruk.

Hoërskool Hoogenhout het Gideon in ‘n sosialemediaplasing as moedig bestempel en die omstandighede hoe hy sy brandwonde opgedoen het, gedeel.

Volgens die skool het ‘n veldbrand naby Gideon se huis uitgebreek en hy het gery om die vlamme te help blus, die wind het gedraai en die bakkie het gestol. Gideon moes noodgedwonge deur die vlamme hardloop en het eerste- en tweedegraadse wonde aan sy gesig, arms, bene en voete opgedoen.

Die ongeluk het hom vroeg in die eksamen getref, maar hy het ondanks pyn en ongemak steeds sy matriekeindeksamen geskryf.

“Ons bewonder sy moed en deursettingsvermoë en is saam met Gideon dankbaar dat hy wel in staat was om hierdie belangrike eksamen te voltooi en dat hy reeds goed herstel het. Die Hoogies is trots op jou, Gideon!”

Cindy Kotze, Gideon se ma, het op sosiale media gesê hoe trots sy op haar seun is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief