Matthew Perry se dood nie veroorsaak deur oordosis fentaniel of ‘meth’ nie

Lees ook :

Matthew Perry se dood nie veroorsaak deur fentaniel of meth oordosis nie
Matthew Perry se dood nie veroorsaak deur fentaniel of meth oordosis nie fotokrediet: Facebook

Lees ook: ‘Anti-vaxxers’ blameer Covid-entstof vir Matthew Perry se dood

VSA. – Matthew Perry se dood is nie deur ’n oordosis fentaniel of kristalmetamfetamien (meth) veroorsaak nie. Perry is Saterdag by sy huis oorlede na hy bewusteloos in sy jacuzzi gevind is.

Voorlopige toetsuitslae wys daar is geen sodanige middels in sy sisteem gevind in. Verdere toetse is uitgevoer om te sien of hy enige ander moontlike dwelms of medisyne ingeneem het.

Perry het vermoedelik verdrink en geen vuilspel word vermoed nie. Dit is moontlik dat hy ’n hartaanval gehad het wat tot sy verdrinking gelei het.

Perry het jare geveg teen ’n drank- en dwelmverslawing, maar geen onwettige middels is in sy huis gevind nie. Daar was wel verskeie voorgeskrewe medisyne in sy huis, insluitend hartmedisyne, pille vir angs en anti-depressante.

Bronne: IOL, NDTV, BANG Showbiz

Lees ook: ‘Anti-vaxxers’ blameer Covid-entstof vir Matthew Perry se dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief