Matthew Perry se laaste woorde bekend

Lees ook :

Matthew Perry se laaste woorde bekend
Matthew Perry se laaste woorde bekend fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Vyf in hegtenis, insluitend assistent, vir Matthew Perry se dood

LOS ANGELES. – Matthew Perry se assistent het aan ‘n hof gesê wat Perry se laaste woorde was net voor hy dood is.

Sy assistent, Kenneth Iwamasa, het gesê Perry het hom gevra om die jacuzzi vir hom voor te berei en toe het hy gevra “gee my ’n groot een” toe hy vir sy derde dosis ketamien vir die dag gevra het. Perry se dood is deur ‘n kombinasie van ketamiengebruik en verdrinking veroorsaak.

Iwamasa, Jesveen Sangha (die “Ketamine Queen”), dr. Salvador Plasencia, dr. Mark Chavez en Erik Fleming (’n makelaar) is in hegtenis geneem vir Perry se dood.

Iwamasa het skuldig gepleit op een klag van sameswering om ketamien te versprei wat ’n dood veroorsaak het. Fleming het skuldig gepleit op een aanklagte van sameswering om ketamien te versprei en een aanklagte van die versprei van ketamien wat dood tot gevolg gehad het. Chavez het skuldig gepleit op een aanklagte van sameswering om ketamien te versprei.

Bronne: The Sun, Hindustan Times, Sky News

Lees ook: Vyf in hegtenis, insluitend assistent, vir Matthew Perry se dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief