Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in ‘randmanipulasiesaak’
Die Mededingingskommissie het gister aangekondig hulle is op pad na die konstitusionele hof om te appelleer teen die beslissing oor die randmanipulasiesaak.
Dit volg na die mededingingsappèlhof beslis het die kommissie het nie die reg om 18 van die 23 banke te verhoor nie. Altesaam 28 banke is oorspronklik deur die mededingingskommissie ondersoek vir manipulasie van die dollar/rand-wisselkoers. Vyf banke is beboet in ruil vir getuienis teen die ander. Drie sal nie verhoor word nie.
Die kommissaris van die mededingingskommissie, Doris Tsepe, het lede van die National Assembly’s Portfolio Committee on Trade and Industry ingelig oor die gronde vir hulle appèlsaak.
Tsepe het gesê hulle wil duidelikheid kry oor hoe ver die kommissie kan gaan om firmas in ander lande te verhoor as hulle praktyke Suid-Afrika raak. Sy het ook gesê hulle wil weet wanneer bewyse voorgelê moet word.
Bronne: IOL, The Africa, BusinessTech
Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in ‘randmanipulasiesaak’





