Mediumtermynbegroting: Suid-Afrika skuld R5 triljoen

Lees ook :

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die 2023-begrotingsraamwerk op Maandag by die Kaapstadse stadsaal ter tafel gelê. (Fotobron: SABC Nuus)

LEES OOK: NSFAS betaal glo 157 980 ‘spookstudente’ maandelikse toelaes

KAAPSTAD. – Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het Maandag die 2023-begrotingsraamwerk in die Kaapstadse stadsaal ter tafel gelê. 

Hy het gesê die regering gaan gemiddeld R553 miljard per jaar oor die mediumtermyn leen as gevolg van stygende begrotingstekorte.

Godongwana het met die lewering van die MTBR aangekondig dat staatskuld van R4,8 biljoen in 2023/24 tot R5,2 biljoen in die volgende boekjaar gaan styg. “Teen 2025/26 sal dit die R6 triljoen-kerf oorskry. Ons verwag nou dat bruto staatskuld teen 2025/26 op 77 % van die BBP sal stabiliseer. Dit is hoër as die vlak wat in Februarie voorspel is. Oor die volgende drie jaar sal skulddienskoste as deel van inkomste van 20,7 % in 2023/24 tot 22,1 % in 2026/27 styg,” het Godongwana gesê. Die minister sê die rente op die skuld sal tot sowat R385,9 miljard in 2024 styg.

Die regering het sy besteding met R21 miljard verlaag om hierdie tekorte te probeer agterhaal. Verdere verlagings van R64 miljard in 2024/25 en R69 miljard in 2025/26 word voorgestel. Die implikasies van hierdie aanpassings sal gedeeltelik geneutraliseer word deur departemente wat die kostebeperkingsriglyne wat deur die nasionale tesourie uitgereik is, implementeer. Sektore insluitend gesondheid, onderwys en polisiedienste sal bykomende befondsing ontvang.

Die regering sal die maatskaplike toelae wat tydens die Covid-19-pandemie ingestel is om aan lae-inkomstehuishoudings betaal te word met ‘n jaar verleng. Dit beteken die meer as 8 miljoen mense wat die maandelikse toelae van R350 kry, sal tot Maart 2025 voordeel trek . “Enige permanente verlenging hiervan vereis dat nuwe inkomstebronne gevind word, ander bestedingsbesnoeiings ingestel word en ‘n hersiening van die hele maatskaplike toelaestelsel gedoen word,” het Godongwana gesê.

#MTBR #Begroting #Skuld #Geld #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: Mediumtermyn Begrotingsbeleidsverklaring (01 November 2023); eNCA; SABC Nuus.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App