Saak teen Agnes Setshwantsho uitgestel

Lees ook :

Agnes Setshwantsho hofsaak uitgestel
Agnes Setshwantsho hofsaak uitgestel fotokrediet: X

Lees ook: Agnes Setshwantsho se man opgegrawe

NOORD-WES. – Die saak teen Agnes Setshwantsho, wat glo haar famililielede vir lewensversekeringsgeld vermoor het, is tot 22 Mei uitgestel.

Setshwantsho se man, Justice, se liggaam is Woensdag opgegrawe as deel van die ondersoek teen haar. Sy word aangekla van die moord op haar niggie en seun en verdink van die dood van haar man, dogters en broer. Setshwantsho het ook lewensversekering op 40 ander familielede gehad.

Die staat wil die sake kombineer en na ’n hoërhof skuif weens die erns van die aanklagtes. Sy sal in aanhouding bly na sy borg geweier is. Die klagtes teen haar is dié van moord, bedrog en regsverydeling.

Bronne: Jacaranda FM, Sunday World, OFM

Lees ook: Agnes Setshwantsho se man opgegrawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief