Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa

Lees ook :

Verskeie mense dood weens hittegolf in Europa fotokrediet: Canva

EUROPA. – Volgens brandbestryders is twee liggame gevind ná ’n brand in Cosco, Spanje, wat waarskynlik veroorsaak is deur die hittegolf wat Europa tans in ’n greep het.

Lees ook: Een persoon dood en twee beseer in mesaanval by Duitse maatskappy

’n Tweejarige seuntjie is in Katalonië dood nadat hy vir ure in ’n voertuig in die son gelos is. ‘n Padwerker is in Córdoba en een in Barcelona dood terwyl hulle aan ‘n pad gewerk het.

Twee mense het in Italië wens die hittegolf omgekom. ’n Man is in Bologna dood nadat hy op ’n konstruksieterrein siek geraak het en nog ‘n persoon het tydens oorstromings by ‘n toeristeoord in Bardonecchia verdrink.

Veldbrande kom in Turkye voor, wat ook deur die hittegolf veroorsaak is. Lande wat deur die hittegolf geraak is, sluit in: Frankryk, Turkye, Griekeland, Italië, Portugal, Spanje, Nederland en die VK.

 Volgens kenners is die hittegolf en erge storms wat die wêreld tans tref weens klimaatsverandering.

Bronne: IOL, DW, BBC

Lees ook: Een persoon dood en twee beseer in mesaanval by Duitse maatskappy

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief