INDIЁ. – Meer as 100 mense word vermis en minstens vier is dood ná ’n wolkbreuk gister oorstromings in Uttarakhand, ‘n staat in die noorde van Indië, veroorsaak het.
Lees ook: Kouefront begin vandag in sentrale en oostelike dele van die land
Reddingsoperasies is aan die gang nadat ’n groot golf van water bergaf beweeg het en die dorpie Dhalari oorstroom het. Die reddingsoperasie word moeiliker gemaak met swaar reën wat steeds uitsak en paaie wat vernietig is, wat reddingswerkers verhoed om die gebied in te gaan.
Pushkar Singh Dhami, hoofminister van Uttarakhand, het gesê omtrent 130 mense is tot dusver in Uttarkashi gered.
Die staat Uttarakhand is kwesbaar vir vloede en oorstromings. In 2013 is duisende mense meegesleur en talle dorpe vernietig toe vloede die gebied ná ‘n wolkbreuk getref het. In 2021 is 200 mense dood ná nog ‘n wolkbreuk oorstromings veroorsaak het.
Bronne: BBC, The Straits Times, The Independent
Lees ook: Kouefront begin vandag in sentrale en oostelike dele van die land





