Meer as 100 motoriste in Mpumalanga vir ‘dronkbestuur’ in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Meer as 100 motoriste is reeds die Paasnaweek vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê Jackie Macie, die LUR vir die departement, het die inhegtenisneming van meer as 100 bestuurders vir beweerde dronkbestuur geloof. Hy sê dit is belangrik om op te tree teen drink en bestuur, gegewe die verwoestende gevolge wat padongelukke vir families inhou.

Die provinsie het tussen 17 en 19 April sowat 18 padsterftes, met die meeste in die Nkangala-distrik, aangemeld. Onder die insidente was ‘n trompop-botsing op die N4 tussen Machadodorp en Belfast waarin ses mense Donderdag gesterf het, asook nog ‘n ongeluk op die R35 naby Middelburg waarin drie mense dood is. Twee mense is ook dood toe die minibustaxi waarin hulle op die N4-tolpad naby Middelburg gereis het, se bestuurder beheer verloor en dit omgeslaan het. Nog 13 insittendes is beseer.

Meer as 13 500 voertuie is gestop en nagegaan, 2 700 dagvaardings is vir oortredings is uitgereik, en meer as 5 000 voertuie is deur weegbrûe gelei.

Macie het motoriste wat na die Paasnaweek terugkeer, weer daaraan herinner om versigtig te bestuur. Hy sê die meeste van hierdie noodlottige botsings kon vermy gewees het indien motoriste aan verkeersreëls gehoor gegee het. Hy meen indien alle padgebruikers hul eie veiligheid en dié van ander prioritiseer, noodlottige ongelukke drasties verminder kan word. Hy doen ook ’n beroep op wetstoepassingsbeamptes om onverskrokke voort te gaan om die wet toe te pas en roekelose en nalatige bestuurders tot verantwoording te roep.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief