TASMANIË, AUSTRALIË. – Sowat 157 dolfyne, ook vals moordwalvisse genoem, is Dinsdagmiddag ontdek waar hulle op ’n afgeleë strand in Tasmanië uitgespoel het.
Lees ook: SAWD voorspel reën vir res van week, waarsku vir vandag
90 van die diere was nog lewendig, maar sal van kant gemaak word om te keer dat hulle ly. Die vals moordwalvisse (Pseudorca crassidens) kan nie teruggesit word in die water nie, as gevolg van slegte weerstoestande.
Dit is onduidelik hoekom die dolfyne op die strand uitgespoel het.
Redes vir die stranding kan insluit vlug, ouderdom, beserings, slegte weer en disoriëntering weens harde geluide.
Bronne: CBS News, The Independent, NBC News
Lees ook: SAWD voorspel reën vir res van week, waarsku vir vandag





