Lees ook: Mans in hegtenis geneem vir Putco-busbrande
JOHANNESBURG. – Meer as 200 families van die Selby- informele nedersetting naby Booysens, Johannesburg, is sonder skuiling gelaat na ’n brand Maandag in die gebied begin het.
’n Brand het Maandag meer as 300 shacks in die informele nedersetting vernietig. Dit is onbekend wat die brand laat ontstaan het.
Die Johannesburgse EMS-woordvoerder, Robert Mulaidzi, het verduidelik sommige inwoners gebruik paraffienstowe en kerse en dat daar ook moontlik onwettige elektristeitsverbindings is wat brande in die gebied kan veroorsaak. Daar was twee maande gelede ook ’n brand in Selby.
More than 200 families have been affected by a fire that broke out in Johannesburg. The fire ravaged more than 300 shacks at the Selby informal settlement, near Booysens on Monday. #Joburg #SelbyFire @TheCitizen_News pic.twitter.com/WP3O0SGjwJ
— 𝙵𝚊𝚒𝚣𝚎𝚕 𝙿𝚊𝚝𝚎𝚕 ⚡️ (@FaizelPatel143) January 29, 2025
Bronne: EWN, The Citizen, X





