OOS-KAAP. – Die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, het bevestig 49 mense is dood in die afgelope week se storms wat deur ’n kouefront veroorsaak is.
Lees ook: President betuig medelye ná sewe verdrink, kinders steeds vermis
Verskeie skoolkinders het omgekom ná die vervoer waarin hulle gery het deur vloedwater van ’n brug in Mthatha meegesleur is.
Volgens Mabuyane was hierdie week se weer die slegste ramp wat hy nog ervaar het en dat baie mense steeds vermis is. Reddingswerkers is steeds na die vermiste mense op soek.
Verskeie paaie en skole is gesluit en huishoudings is sonder elektrisiteit.
Bronne: BBC, ECR, eNCA
Lees ook: President betuig medelye ná sewe verdrink, kinders steeds vermis





