Meer as 80 in busongeluk beseer

Lees ook :

Foto: PVES

GAUTENG. – Sowat 81 persone is Sondagmiddag omstreeks 17:00 in ‘n busongeluk in die Wonderboom-gebied in Pretoria beseer.

Pretoria Emergency Volunteer Services (PVES) sê die diens is na die toneel waar volwassenes en kinders, met beserings wat van gering tot ernstig wissel, deur verskeie nooddienste behandel is.

All die beseerdes is eers op die toneel geassesseer en behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.

PVES bedank Pro Med Emergency Medical Services, Proshield Security, @CRG, ProSec, Brandweer, @APA, GPG, en @lifeline vir hulp op die toneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief