Die 65-jarige Marieta Wilhelm wat van moord aangekla word na sy ‘n aanvaller wat haar op haar plaas aangeval het, doodgeskiet het, se regsfonds oorskry reeds R200 000.
Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, het die regsfonds vir Wilhelm gestig in ‘n poging om vir haar die nodige regshulp en mediese aandag te kry.
Petzer sê Wilhelm is met ‘n hamer op haar knie, heup en kop geslaan. Wilhelm het toe glo geskiet om haar aanvaller af te weer, maar omdat sy weens bloed in haar oë nie kon sien nie, is haar aanvaller doodgeskiet.
Sy is in hegtenis geneem en haar aansoek om borg het misluk. Sy is op Otavi in aanhouding.
Petzer en die Bittereinders is ook vandag op pad na Upington waarna hulle na Namibië sal vertrek.
Volg FiND iT hier op Facebook.





