[t4b-ticker]

Megan Griesel se vermeende moordenaars bly tot volgende jaar agter tralies

Lees ook :

Mcolisi Makama en Sanele Magagula word in Januarie volgende jaar weer in die hof verwag vir die moord op Megan Griesel. (Fotobron: Facebook @ Megan Griesel)

LEES OOK: Courteney Cox en Matt LeBlanc verbreek stilte oor Matthew Perry se dood

Die 20-jarige Megan Griesel, ’n kleuterskoolonderwyseres, is verlede maand doodgeskiet toe sy vermoedelik in kruisvuur van ’n winkelroof in Mashishing, Mpumalanga beland het.

Sedertdien is twee verdagtes, naamlik Mcolisi Queention Makama (27) en Sanele Floyd Magagula (27), in hegtenis geneem. Hierdie verdagtes het Dinsdag weer in die landdroshof verskyn. Hulle het nie om borgtog aangesoek gedoen nie en geen persfoto’s van die twee is toegelaat nie.

Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, het gesê die twee verdagtes het op aanklagte van moord en sakeroof verskyn. 

Die staat het vir lang uitstel gevra sodat die ondersoeke in die saak afgehandel kan word. Makama en Magagula sal tot hulle volgende hofverskyning in Januarie 2024 in aanhouding bly.

#MeganGriesel #Moord #Afrikaans #Nuus #Newsfeed

Bronne gebruik: News24; Netwerk24.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief