FRANKRYK. – ’n Meisie (12) is dood en nog nege kinders is in die hospitaal opgeneem ná hulle voedselvergiftiging in Saint-Quentin, Frankryk, opgedoen het.
Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur
Die meisie is Maandag oorlede weens akute nierversaking wat gewoonlik deur die e-coli-bakterie veroorsaak word.
Nege kinders, vyf met akute nierversaking, is in ‘n hospitaal opgeneem.
Luidens ’n berig van BBC is twee slaghuise tydelik gesluit ná vyf van die kinders vleis van een slaghuis geëet het en ’n ander kind dae vantevore vleis van die tweede slaghuis geëet het.
Toetse word tans op vleis van die twee slaghuise uitgevoer.
Bronne: BBC, Food Safety News, Yahoo
Lees ook: Iran weier deelname aan nuwe samesprekings oor kernprogram terwyl aanvalle voortduur





